Aankoms en vertrektye
Kinders word Persoonlik ontvang tussen 07:00 en 08:00. Neem asseblief kennis dat geen kind by die hek gelaat word nie, maar dat kinders persoonlik aan die persoon wat op diens is, afgegee moet word. Ouers word versoek om seker te maak dat die hek weer reg toe is wanneer hulle die perseel verlaat. Vir veiligheidsredes word die hek gesluit om 08:00.
Ouers word versoek om betyds te wees, aangesien die dagprogram om 08:00 begin en die kind sekere aktiwiteite kan misloop as hy/sy laat is. (Ouers wat laat is as gevolg van onvoorsiene omstandighede, word versoek om die klokkie te lui by die hek en te wag totdat iemand
opdaag om oop te sluit en u kind te ontvang). Laai u kind af , groet en verlaat dan asb.
die perseel so gou as moontlik om te verhoed dat dit te dramaties is vir u kind is, uitgerek word en ontstaan in ‘n groot tranedal. Die skool sal gesluit wees op publieke vakansiedae.
Die skool sal om 16:30 sluit die middag voor ‘n lang naweek. Geen parkering voor die skool of bure se inrit (motorhuis) nie asb!
Vertrektyd is tussen 17:00 en 17:30. Kinders sal nie na die motors gestuur word nie, maar moet persoonlik deur hul ouers afgehaal word. Ouers word dringend versoek om nie laat te wees om die kind af te haal nie, want dit ontstel die kind wanneer die ander kinders huis toe
gaan en hy moet nog agterbly om vir sy ouers te wag EN daar sal ‘n boete van R100 wees die volgende oggend. Indien iemand anders u kind kom afhaal reël asseblief dit die oggend al met Dalene, die naam en van van die persoon, want kinders sal aan geen ander persoon as
een van die ouers afgegee word nie.
Die skoool sluit Vrydae om 17:00.
Verversings en kos
Geen lekkergoed mag saamgestuur word na die sentrum nie, slegs op Vrydae!
Die dagsorg gee verversings elke dag en middagete. Indien u ‘n koekie wil saam stuur versoek ons u vriendelik om die hele pakkie saam te suur sodat elke kind een kan kry anders is dit onregverdig teenoor die ander, hulle verstaan dit nog nie.
Babas moet hulle eie melk formule saamstuur vir elke voeding by die skool. Indien u dit verkies dat u baba purity of ander baba kos moet eet en nie die skool se tuisgemaakte babakos nie, moet u dit ook asseblief self voorsien. Bottels moet asseblief duidelik gemerk wees!
Kennisgewing van afwesigheid
Kinders met aansteeklike siektes moet tuis gehou word totdat die siekte opgeklaar het.
Ouers word vriendelik versoek om die sentrum te skakel indien die kind afwesig gaan wees sodat ons kan weet ons hoef nie kos uit te hou nie.
Kleredrag en speelgoed
Alle klere moet asseblief duidelik gemerk wees! Geen speelgoed mag van die huis af saamgebring word skool toe nie, want dit veroorsaak ‘n bakleierei!
Babas:
Stuur asseblief genoeg doeke vir elke dag saam, so om en by 5 per dag.
Stuur aseblief elke dag‘n borslappie vir voedingstye saam, twee stelle skoon klere en een kombersie.
Ons sal dit terug stuur huis toe sodat dit gewas kan word. Stuur asb. genoeg skoon bottles,
formule melk en ‘n boksie pap saam.
Peuters:
Stuur asseblief een stel skoon klere en 4 skoon panties/onderbroekies saam elke dag, want in die stadium word die kinders ge-“potty train” en ongelukkies gebeur. Stuur ook asb. ‘n kussing, kombersie en tandeborsel saam wat by die skool kan bly.
Kleuters:
Ouers word versoek om toe te sien dat die kinders gemaklike klere aan het waarin hulle gemaklik kan speel en wat mag vuil word, ou klere is ideaal, want ons verf, speel klei en speel buite in die sand ens. Kinders word aangemoedig om onafhanklik te wees en ouers moet toesien dat hul klere maklik aan- en uitgetrek kan word. Geen hakskoene en krale nie asb. dis gevaarlik vir die babas as dit breek.
Verjaarsdae
‘n Verjaarsdag is ‘n groot gebeurtenis in ‘n kind se lewe en ander geniet dit om daarin te deel. Moeders mag vooraf reël om verversings te bring op hierdie dag en hulle is self ook welkom om te bly en die partytjie te geniet. Verkieslik 10:00. Reël asb. vooraf met Dalene.
Uitstappies
Uitstappies mag deur die jaar onderneem word en ouers sal vooraf skriftelik daarvan in kennis gestel word. Daar mag dalk ‘n toegangsfooi wees wat u asb. moet betaal voor of op die dag van die uitstappie anders sal u kind ongelukkig by die skool moet agterbly saam met die babas. Geskrewe toestemming van die ouers word vereis voordat enige kind op ‘n uitstappie geneem mag word.
Fooie
Fooie is maandeliks vooruitbetaalbaar!. Ek vertrou dat u die bogenoemde in orde sal vind. Geen terugbetaling word gegee vir afwesigheid nie. Een maand skriftelike kennisgewing word vereis indien u kind die sentrum gaan verlaat. Verkieslik elektroniese (internet)
inbetalings. Rekening no. 1019375906, Takkode: 10191000 by Nedbank Paarl. U kind se naam moet as verwysing getoon word. Geen tjeks word aanvaar nie.
Probleme en persoonlike afsprake
Ouers is meer as welkom om enige probleme te kom bespreek. ‘n Persoonlike afspraak kan gereël word sodat ouers en personeel ongehinderd kan gesels.